Verskeidenheid Kultuuraktiwiteite

Worcester Gimnasium bied verskeie kulturele aktiwiteite wat leerders blootstel aan die opwindende verskeidenheid kontemporêre kunste.

Ontwikkel jou kind se potensiaal

’n Kind se verborge potensiaal floreer nooit per toeval nie. Die geleentheid vir ontwikkeling moet geskep word.
 
By Worcester Gimnasium is daar ‘n oorvloed van sulke geleenthede om by alle aspekte van kultuur betrokke te raak – of dit nou op of agter die verhoog is; voor of agter die kamera; hantering van die tegniese aspekte van die sang of die klank is.
 
Om jou kind aan te moedig om by ‘n kulturele aktiwiteit betrokke te raak, sal nie net hul verborge potensiaal ontsluit nie, dit kan ‘n nuwe wêreld van moontlike loopbaangeleenthede skep.
worcester-gymnasium-culture-drama-5

Drama

worcester-gymnasium-culture-mr-miss-wg

Mnr & Mej WG

Koor

worcester-gymnasium-culture-art

5 Kunsvakke Beskikbaar

Musiek

worcester-gymnasium-culture-food-functions

Gasvryheidsfunksies

worcester-gymnasium-earth-club-2

Earth Club

Kulturele Toere

worcester-gymnasium-culture-musical

Musiekblyspel

worcester-gymnasium-culture-pruductions-film-project

WG Produksies – Filmit-projek

worcester-gymnasium-culture-first-aid

Noodhulp

Vir my het Worcester Gimnasium op alle gebiede gehelp om ‘n beter mens te wees. Van kultuur tot sport. Die hoogtepunt van kultuur was altyd hoe die hele skool uitgesien het na elke 2de jaar se “Musical”, nie net omdat jy bietjie af gekry het by skool nie, maar omdat as jy nie deel was daarvan nie, het jy uitgemis.

Hugo Kloppers
Matriek 2006

Ek kan sonder twyfel sê dat Worcester Gimnasium ‘n goeie skool is. Hulle het my morele waardes geleer: om nederig te bly, om myself te wees en altyd my bes te doen. Dit maak nie saak in watter groep jy is nie, moenie ter wille van ander verander nie, want Bosvarke is uniek.

Cheswyn Ruiters
Uitvoerende Kunstenaar en wenner van “Maak my Famous”
Matriek 2014

Vir my as jong kunstenaar en dromer het hierdie kultureel-diverse skool ‘n baie groot impak op my identiteit as ‘n jong bruin meisie gehad. Daar was ‘n dialoog oor my toekoms en ek was blootgestel aan soveel geleenthede en moontlikhede oor wat ek kon doen as ek dit net wou doen. Om my na Gimnasium te stuur, was die beste besluit wat my ouers kon geneem het.

Shimmy Isaacs
Een van SA se bekendste vroulike komediante
Matriek 1999

Gereed om in jou kind se toekoms te belê?