Sportuitnemendheid

Ons streef daarna om harmonie tussen akademiese, kulturele, omgewings- en sportaktiwiteite te weerspieël. In hierdie verband poog Worcester Gimnasium om op die voorpunt te bly.

Met ‘n verskeidenheid sportsoorte om van te kies, is daar ‘n plek vir elke leerder, ongeag hul graad van kundigheid, belangstelling of doelwitte.
 
Sport kweek selfvertroue, leer samehorigheid en verskaf ‘n gemeenskaplike doel wat ‘n gevoel van eenheid en gemeenskap skep.
 
Deur sport leer Gimmies hoe om te wen en te verloor. Dit skep geleenthede vir hulle om te leer lei, om gedrewe te wees en om as deel van ‘n span met ‘n verskeidenheid persoonlikhede saam te werk.
 
Sport is van kritieke belang vir die emosionele, sosiale en fisiese ontwikkeling van ons leerders en alle leerders word aangemoedig om aan beide ‘n winter- en somersport deel te neem.

Ons sportdirekteure

Rugby: JJ Pretorius

Hokkie: Frederik Olivier

Netbal: Minneke Janse van Rensburg

Krieket: Rayno Arendse

worcester-gymnasium-culture-girls-hd

Rugby

worcester-gymnasium-hockey-hd-02

Hokkie

Netbal

Tennis

Toutrek

Krieket

Atletiek

worcester-gymnasium-swimming-3

Swem

Gholf

worcester-gymnasium-chess

Skaak

My jare as ‘n Gimmie is van my mees gekoesterde herinneringe. Worcester Gimnasium het eindelose geleenthede vir my geskep, nie net in sport wat my passie is nie, maar ook in akademie, kultuur, leierskap en sosialisering. Ek kon nuwe vriendskappe bou en wysheid by ander leer, wat ek daagliks gebruik. Ek is ewig dankbaar vir wat Worcester Gimnasium my gebied het.

Wenda Nel

400m hekkies (SA kampioen en Olimpiese Atleet)
Matriek 2006

Die skool bied baie ondersteuning. Die onderwysers sal jou help om die beste te wees wat jy kan wees. Jy geniet voorregte wat jy andersins nie sou gehad het nie. Alle leerders word dieselfde behandel en kry gelyke geleenthede. Dit is een van die beste skole en ek sal dit aanbeveel vir enige nuwe leerder.

Rogail Joseph
SA hekkies (Olimpiese oefengroep)
Matriek 2018

Gereed om in jou kind se toekoms te belê?